Welkom by Hond Se Gedagtes

Welkom by Hond Se Gedagtes! Die doel van hierdie blog is om advies oor troeteldiere in AFRIKAANS te deel. Ek besef dat daar ‘n leemte is en ons is mos trots op ons taal. Ek wil graag ‘n wye verskeidenheid artikels deel van byvoorbeeld hoe om jou kat se tande te borsel tot goeie etiket by die veearts. Ek vra solank om verskoning dat sommige terme wel in engels gaan wees aangesien sekere woorde nie so lekker vertaal nie. Die doel is steeds dat dit maklik verstaanbaar sal wees.

Ons kry gereeld vrae oor byvoorbeeld wanneer dit die beste tyd is om te steriliseer? Wat is die voordele en nadele van sterilisasies ens. Ek gaan probeer om al hierdie vrae eenvoudig en dalk selfs met fotos by te verduidelik.

Dan kry ons ook gereeld mammas wat bel en vra of hulle bloedjies bietjie hier by ons kan kom werk om te sien wat alles in ‘n veeartspraktyk gebeur. Ek sal daarom ook bietjie inligting gee oor hoe dit is om in ‘n praktyk te werk hier in Suid-Afrika. Ek sal dan breedvoerig vertel wat ons alles doen en hoe ‘n “normale” dag by ‘n veeartspraktyk lyk. Jy sal dan egter sien dat daar niks normaals aan is nie en ek hoop om ‘n paar interessante brokkies en staaltjies te deel šŸ˜‰

Jy wonder dalk nou wie se brein-babbel jy lees so laat ek myself gou bekend stel. Ek is Suster Marissa. Ek werk al die afgelope 6 jaar as ‘n geregistreerde verpleegster (nee ek studeer nie nog om ‘n veearts te word nie eks gelukkig as ‘n verpleegster!). Ek het nog altyd geweet dat ek eendag met diere wil werk en kan my liefde nou in hierdie veld uitleef. Ek is mal oor honde, katte, perde en amper enige eksotiese diere wat dalk hier by die praktyk aankom. Moet asseblief net nie vir my ‘n baba-duif bring nie!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s