Covid-19 en ons troeteldiere

Die woord corona virus is deesdae op almal se lippe. Met die skielike uitbraak van die nuwe tipe corona virus is ons onvoorbereid en verslae oor hoe vinnig dit versprei. Natuurlik is ons ook oor ons geliefde troeteldiere bekommerd en wonder of hulle veilig is.

Dis belangerik om te besef dat daar nog nie soveel navorsing oor Covid-19 gedoen is dat ek met 100% sekerheid hieroor kan praat nie maar ek gaan solank die inligting wat op betroubare webtuistes beskikbaar is deurgee.

Wat is Corona?

Die corona virus is nie ‘n nuwe virus nie maar bestaan uit verskeie virusse onder andere SARS, MERS en dan nou ook Covid-19. Dit is die sogenaamde Covid-19 (Corona Virus Disease 2019) wat nou tans ‘n pandemie is – dit beteken dat dit ‘n siekte is wat oor verskeie lande of selfs wêreldwyd verspreid is.

Die woord corona beteken in Latyns “kroon”. Corona virus bestaan uit verskeie virusse wat onder andere lugweginfeksies, spysverteringsprobleme en ook ander sistemiese siektes kan veroorsaak.

coronavirus
Corona Virus
Photo by CDC on Unsplash

Kan my troeteldier Covid-19 kry?

Daar is corona virusse wat ons diere reeds kry en siek maak. FIP (feline infectious peritonitis) is byvoorbeeld ‘n baie ernstige siekte by katte wat deur die kat corona virus veroorsaak word.

By diere is die virus gewoonlik spesifiek tot die spesie byvoorbeeld honde corona virus kan nie aan katte oorgedra word nie. So weet ons dat honde, katte, perde, beeste ens elk ‘n eie corona virus het wat meestal ‘n effek op die spysverteringstelsel het.

Volgens AVMA (American Veterinary Medical Association) is daar egter nog geen troeteldiere wat siek geword het as gevolg van Covid-19 nie, alhoewel daar honde is wat positief getoets het daarvoor.

Daar was ‘n Toy Pom hondjie van 17 jaar in Hong Kong wat liggies positief getoets het maar wat geen simptome gehad het nie. Die hondjie se eienaar was ook positief getoets vir Covid-19. Die eienaar se ander hondjie het egter negatief getoets vir die virus.

Dan was daar ook ‘n German Shepherd hond wat nadat die eienaar positief getoets het ook positief vir Covid-19 getoets het. Hierdie hond het geen simptome getoon nie en is onder kwarantyn geplaas.

So op die oomblik lyk dit asof honde nie regtig negatief daardeur geaffekteer word nie, en dit is ook nog onduidelik of hulle die virus aan mense kan oordra. Daar word wel vermoed dat die virus deur mense aan diere oorgedra kan word.

selective focus photography of German shepherd on green grass
‘n German Shepherd hond
Photo by Cheryl Cox on Unsplash

Hoe beskerm ek my diere teen Covid-19

Alhoewel dit blyk of diere nie siek word van Covid-19 nie kan ons steeds stappe neem om ons diere te beskerm.

  • Hou jou troeteldiere veilig binne jou erf – veral katte wat graag rondloop
  • As jy met jou hond gaan stap vermy kontak met ander mense – dit is vir jou sowel as jou hond voordelig om eerder kontak met ander mense te vermy
  • As jy self siek is vra ‘n familielid of naby vriende om jou diere te versorg
  • Was jou hande as jy tuiskom voordat jy aan jou diere vat
  • Sorg dat jy genoeg kos en ander medikasie het wat jou diere benodig
  • Moenie jou diere onnodig op uitstappies neem nie en gaan slegs veearts toe as dit dringend nodig is
  • WAS JOU HANDE!!!
brown Scottish fold in brown thick-pile blanket
Soms is wegkruip die antwoord!
Photo by Mikhail Vasilyev on Unsplash

Leer hoe om jou hande te was!

Daai vinnige vryf-vryf wat dames in winkelsentrum badkamers doen is eintlik net ‘n mors van seep. Dis so vinnig verby en oneffektief dat die kieme eintlik net lag vir die poging wat jy aanwend dat dit darem nie lyk asof jy nie jou hande was na jy badkamer toe is nie.

So hoe en hoe lank is jy veronderstel om jou hande te was?

Ek is geleer dat jy 2x vir jouself “happy birthday to me” moet sing terwyl jy jou hande was. Dit is dan omtrent 20 sekondes of langer en gee die seep kans om die kieme te dood.

Was eers jou palms, dan tussen jou vingers, die agterkante van jou hande, die duime, die agterkant van jou vingers, jou naels en dan jou gewrig. Onthou om alle juwele te verwyder voor jy begin.

Image result for hand washing techniques images

Teen die tyd behoort almal reeds bewus te wees van hoe ernstig Covid-19 is. Probeer dus om jouself en jou diere so goed as moontlik te isoleer om hierdie hoogs aansteeklike virus te vermy.

Dis egter nie nodig om nou in angs te lewe en elke berig wat jy op sosiale netwerk sien te glo nie. Daar is ongelukkig baie inligting aanlyn beskikbaar wat nie akuraat is nie. Een berig wat soos ‘n veldbrand versprei het sê byvoorbeeld dat jy nie Covid-19 het as jy ‘n loopneus het nie en dat jy die virus kan voorkom deur genoeg warm vloeistowwe te drink. Dit is absolute snert en nie deur die medici gepubliseer nie.

Met die inligting tot ons beskikking is dit wraggies nie nodig om jou diere by die naaste SPCA te gaan aflaai omdat jy bang is dat hulle vir jou Covid-19 gaan gee nie! Die histerie wat tot sulke dwase optrede lei is ongelooflik maar tog gebeur dit!

As jy meer inligting benodig gaan lees gerus op WHO (World Health Organisation), CDC (Center For Disease Control and Prevention) of FAO (Food and Agriculture Organisation) se webtuistes.

Jy kan ook die WHO as ‘n kontak op jou whatsapp laai. Hulle hou jou dan op datum van die nuutste inligting beskikbaar en hulle beantwoord ook die mees algemene vrae.

Wees veilig en onthou om jou hande te was!

shallow focus photography of brown tabby cat
Photo by Ramiz Dedaković on Unsplash

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s